Dringende Kennisgewing
Geagte Deelnemende Werkgewer
Begrafnispolisse en die belangrikheid van die voltooiing van ‘n Begunstigde Benoemingsvorm
Die doel van begrafnisdekking is om vir begrafnis en ander eenmalige finale uitgawes te betaal, sodat die mense wat agterbly nie met groot rekeninge gelaat word nie. Wanneer ‘n lid sterf, sal die polis ‘n enkelbedrag betaal om by te dra tot hul begrafnisuitgawes. Dit sal aan die lid se genomineerde begunstigde betaal word.
Die werkgewer verskaf begrafnisdekking aan sy groep werknemers, wat ‘n bekostigbare manier is om te verseker dat werknemers se familielede nie finansieel gestres word indien die lid sterf nie. In die verlede kon die polisopbrengste aan die werkgewer betaal word en kon die werkgewer sy diskresie gebruik om te bepaal aan wie die polisopbrengs betaal moet word. Dit was veral nuttig waar ‘n lid nie ‘n nominasievorm voltooi het nie.
Ingevolge huidige wetgewing het die werkgewer nie meer die diskresie om die begunstigdes van lede se begrafnisdekking te bepaal nie en word lede aangemoedig om te verseker dat hulle die betrokke begunstigde benoemingsvorm voltooi om aan te dui aan watter begunstigde die begrafnisvoordeelopbrengs betaal moet word, in die geval van die lid se dood.
Indien lede nie ‘n begunstigde benoemingsvorm voltooi nie, sal die begrafnisvoordeel aan hul boedel betaal word. Dit sal verdere spanning skep vir hul familielede wat moontlik geen fondse beskikbaar het om hul begrafniskoste te betaal nie.
Dit is ook belangrik dat lede hul begunstigde benoemingsvorm by belangrike lewens gebeurtenisse, soos die huwelik, egskeiding of dood van ‘n begunstigde, bywerk, omdat nie die versekeraar of die werkgewer die diskresie sal hê om iemand anders as die persone wat deur die lid genomineer is, te betaal nie. sal hê om iemand anders as die persone wat deur die lid genomineer is, te betaal nie.
Maak asseblief seker dat u werknemers die begrafnisvoordeel begunstigde benoemingsvorm voltooi het en dat hulle dit op datum hou.
Ons bemagtig jou sodat jy jou arbeidsmag kan bemagtig.