Agri en Verwante
Sektore Voorsorgfonds
Ons bemagtig jou sodat jy jou arbeidsmag kan bemagtig
Oorsig
Ons verbeter reeds sedert 1991 die lewens van plaaswerkers en boere deur aan hulle aanpasbare risiko- en voorsorgfondsoplossings te bied. Ons lidmaatskap staan op meer as 20 000. Ons het onsself oor baie jare as ‘n betroubare voorsorgfonds in die landbousektor gevestig.
Ons spesialiseer in risiko- en voorsorgfondsprodukte in die nismark van die landbou. Ons weet dat elke plaas of landboustruktuur anders is. Dit is waarom ons ‘n unieke en veelsydige produk bied wat noodsaaklik is vir ons mark. Ons produk is uiters aanpasbaar en kan in ‘n verskeidenheid van behoeftes voorsien terwyl dit eenvoudig genoeg is om administrasie te vergemaklik en koste te beperk.
Ons word ondersteun en bestuur deur ‘n raad van trustees wat van Agri SA, TLU SA en die LWO afkomstig is, saam met professionele onafhanklike trustees.


Waarom Ons?
Kliënte kan hul eie produk volgens hul eie behoeftes ontwerp.
- Ons maak dit vir jou moontlik om na die sosiale welstand van jou werknemers om te sien en om so gemoedsrus en vertroue te skep.
- Ons vorm 'n eerlike en betroubare vennootskap met jou en ons bied waardevolle bedryfsadvies.
- Ons maak die finansiële las van die bestuur van 'n groot arbeidsmag ligter wanneer risikofaktore voorkom.
Ons lewer deurlopend dienste wat op die behoeftes van werkgewers sowel as werknemers gerig is. Ons hou terselfdertyd by met wetgewing en bedryfstandaarde.
Benodig meer insig oor hoe die LSVF u kan help?
Kontak ons nouVORMS
-
Nuwe Werkgewers
-
-
Benoeming van Begunstigde
-
-
Algemene klagtes
-
- Klagtes moet skriftelik gestuur word aan: agrisectorfund@verso.co.za
- Klagtes kan by die Pensioenfondsbeoordelaar ingedien word indien die klagte nie direk by die Fonds opgelos is nie.
PENSION FUNDS ADJUDICATOR
-
-
Aftrede and Onttrekkings
-
Fonds Doodseis
-
Risiko – Dood en Begrafnis Eis vorm (Guardrisk/Siyavika)
-
twee-pot
-
Toevallige dood en Ongeskiktheidsvoordeel
-
-
- Vir die nodige vorms epos: agrisectorfund@verso.co.za
-
-
Vir enige addisionele informasie:
asseblief ‘n epos na agrisectorfund@verso.co.za.
U kan ons ook skakel by 087 330 2001.