Tweepotstelsel – Opdatering op implementeringsdatum op 1 September 2024
Ons het voorheen besonderhede oor die twee-pot stelsel verskaf namate die regering se voorstelle ontvou en verander het. Die inligting hieronder is die jongste nuus.
Die Wysigingswetsontwerp op Inkomstewette (“RLAB”) (wat die twee-pot stelselveranderings aan die Inkomstebelastingwet bevat) het na die Minister van Finansies gegaan vir ‘n reaksie op die Staande Komitee oor Finansies (“SCOF”).
Die Minister het 1 September 2024 as implementeringsdatum aanbeveel en SCOF het hierdie datum aanvaar. Die RLAB moet nou na die Nasionale Vergadering en daarna die Nasionale Raad van Provinsies gaan vir instemming. Beide die RLAB en Pensioenfondswetsontwerp (wat wysigings aan die Wet op Pensioenfondse met betrekking tot die twee-pot stelsel bevat) sal op 8 Februarie 2024, wanneer die Parlement weer byeenkom ter tafel gelê word.
Die FSCA beoog om gedurende Desember 2023 ‘n voorligtingskennisgewing te publiseer waarin die beginsels uiteengesit word van wat in die fondsreëls moet wees om die twee-pot stelsel aan te spreek.
Ons sal u op hoogte hou soos nuwe inligting beskikbaar word.